Wanneer jy, my vriend, op hierdie aarde staan
En opkyk na die uitspansel bo jou kop
Waar die ruimte wyd uitslaan, wat sien jy dan?
’n Groot swart kombers gesprei oor die hemelboog
Met hier en daar soveel geheimsinnige ligte daarbo?
Of sien jy die afstande so onmeetlik wyd
Wat die verstand amper tot breekpunt strek
En jou die werklike grootte laat besef?
In die stilheid van die ruim hemel
Lyk die verre planete amper binne bereik
In vergelyking met die reuse afstande van die sterre.
Die maansikkel is nog nader aan jou,
En tog het dit drie volle dae vir die mens gekos
Om daardie klein sfeer wat so naby lyk te bereik.
Maar dit wat jy sien terwyl jy na die hoogtes staar
Wat jy nie eens kan begin begryp nie,
Is net ’n streep van al die uitgestrektheid
Buite die kennis van ons menslike ras.
En so, my vriend, hoop ek dat jy sal voel
Daardie grootheid, uitgestrektheid, leegheid van ruimte
Wat ons Skepper vir ons gemaak het sodat ons
Sy grootsheid en Sy teer liefde kan besef
En nederig ons koppe kan buig en Hom aanbid.
– deur Daniel Kaufman


