Soms is my hart swaar,
Beswaard deur vrese en sorge.
Dan roep my Here na my,
“Kom, my kind, Ek sal jou las dra.”
Soms stroom vrae deur my gedagtes,
Die antwoorde lyk ontwykend en moeilik.
Dan slaan ek my oë op na my God,
En maak aanspraak op sy liefde wat oor my rus.
Soms voel ek of ek wil tou opgooi,
Die pad voor my lyk lank en moeilik.
Maar ek dink aan die pad van my Herder,
Dit was vir my dat Hy verwond is.
Soms is my gedagtes vertroebel,
Ek struikel met elke tree wat ek gee.
Tog hoor ek uit die newel ’n fluistering,
“Jy behoort aan My, vertrou My, Ek sal ’n weg baan.”
Soms vind ek my omstandighede,
Oënskynlik hard en onregverdig.
Maar dan fluister my Vader,
“Liewe kind, moenie moed verloor nie.”
Soms voel ek heeltemal alleen,
Die pyn daarbinne verstik en brand.
Die Meester sê: “My uitverkorene,
Ek alleen kan vervul waarna jou hart smag.
Soms is my oë vol trane,
My hart voel asof dit gaan bars.
Dan herinner my Verlosser my,
Hierdie pad voor my het Hy deurloop.
Soms bekommer en wonder ek,
Hoe dinge ooit reg sal uitwerk.
Tog bly die belofte staan: alles loop goed af,
Vir hom wat behae in God skep.
Soms lyk die toekoms skrikwekkend,
Glad nie soos waarop ek gehoop het nie.
Tog vestig ek my oë op sy uiteindelike doel,
Wetende dat dit beter is as waarna ek gegryp het.
Soms voel ek agtergelaat,
Terwyl ander se lewens so vry voortgaan.
Maar ek sal op my Vader se planne vertrou,
En uitsien na sy ewige jubelfees!
Soms betrap ek myself dat ek droom,
Van die toekomstige hemel wat kom.
O, hoe salig sal dit voel,
Om daardie woorde te hoor: “Mooi so.”



