Terwyl ’n man besig was om te sterf, het sy gedagtes teruggegaan.
Sal ek ’n goeie spoor nalaat wat niemand kan aanval?
Ek het alles prysgegee, na die altaar toe gegaan
en niks teruggehou nie, nie eens ’n sent nie.
Ek wou alles doen wat reg was.
Soms het ek die hele nag deur gebid.
Was dit maklik? Ek kan nie sê nie.
Maar eerder ’n stryd; elke dag het ek geveg.
Min het verstaan waarom ek so geleef het.
Om alles prys te gee, sou hulle sê, was dwaas.
Hulle kon nie die vrede binne-in my gesien het nie.
’n Vrede waarvan ek gedink het niemand dit kon verberg nie.
’n Lewe op die vlug was nie my begeerte nie.
Maar hulle wou my liggaam hê om in die vuur te gooi.
Van grot tot grot sou ek tuis noem,
met die wete dat ek eendag nooit weer sou rondswerf nie.
As ek terugkyk, sou ek niks verander nie.
Dit was ’n groot eer om my koning te dien.
Maar nou moet ek gaan; die rook is te dik.
My liggaam word as tot die vlamme daaraan lek.
Daar is een ding wat ek moet vra.
Sal ek tevergeefs sterf, of sal jy die taak opneem?
Jesus soek vandag ’n volk
wat die toets sal deurstaan en nie sal afdwaal nie.
Om ons lewe te gee, is deel van die prys.
Sal jy dié besluit neem voordat die tyd verby is?
Die kerk sukkel; die wêreld het ingekom.
Hulle het ons Jesus doodgemaak en het hulle sonde lief.
Laat ons nie ingee nie; daar is te veel op die spel.
Laat ons eerder veg! Daar is ’n koninkryk om in te neem!
–Barry Grant


