Ek sal vandag met God wandel—
Môre bestaan dalk nie.
Ek sal die beste maak van TYD—juis nou—
Wat God my geskenk het.
Ek sal nie beplan vir ’n lewe
Waarin ek gerieflik kan leef nie,
Maar net beplan om vandag te leef
Om alleen my God te behaag.
Ek durf ook nie in jare dink
Of met reusespronge vooruitbeur nie;
Met God uitgesluit en die self ingesluit,
En selfsugtige oogmerke wat my omring.
Daar is dié wat hul lewens beplan,
Wat min aan God dink;
Wat hulself nie aan God se waarheid meet nie,
Soos hulle elke dag behoort te doen!
“Moenie op jouself roem nie,” word ek gewaarsku,
“oor wat môre bring;
Jou gesondheid en rykdom—ja, selfs jou lewe—
kan alles skielik wegvlieg!”
“Vanaand kan daardie siel van jou
van jou geëis word:
En beplan jy daar die hele Nuwe Jaar,
onder ’n Kersboom?”
“Word wakker! Maak bestek: is jy gereed?
Het jy jou lesse goed geleer?
As God oor nog drie uur, VANDAG,
jou lewensloop VANAAND sou afsluit?”



