Ons kan dit nie bekostig om die wins te behaal wat iemand anders laat verloor nie;
Ons kan dit nie bekostig om die kroon mis te loop deur by die kruis te struikel nie.
Ons kan dit nie bekostig om deur ’n onnadenkende grap ’n vriend te verloor nie;
Ons kan ons nie ’n lag veroorloof wat in bittere trane eindig nie.
Ons kan dit nie bekostig om vandag te feesvier en môre te vas nie;
Ons kan dit nie bekostig om ’n wedloop te hardloop wat uiteindelik op ’n tragedie uitloop nie.
Ons kan dit nie bekostig om met vuur te speel of ’n slang se byt uit te lok nie;
Ons kan dit nie bekostig om te dink dat sonde enige ware vreugde bring nie.
Ons kan dit nie bekostig om die sinikus se spot met erns op te neem nie;
Ons kan dit nie bekostig om ons ore doof te hou vir wyse mense se woorde nie.
Ons kan dit nie bekostig om haat met haat te vergeld nie;
Ons kan dit nie bekostig om ’n vlam aan te blaas en dit nog feller te laat brand nie.
Ons kan dit nie bekostig om ons siel te verloor vir hierdie wêreld se vlugtige asem nie;
Ons kan dit nie bekostig om die lewe in ’n waansinnige ruiltransaksie vir die dood te verruil nie.
Maar sonder U, al siende Here, is ons blind vir die goeie;
O, skenk ons lig sodat ons kan weet wat ons nie kan bekostig nie!



