’n Prinses van God!
Dis ’n verhewe roeping
Wat verdien dat ek gee
Van my talente en tyd
Om te groei in die heerlikheid
Van wat Hy van my wil maak—
My Vader, die Koning,
Sal alle lelikheid
Wegneem uit my hart,
Sodat dit nie meer besoedel nie
En vir my die juwele bring
Wat Hy vir my gereed hou.
’n Prinses van God!
Dis ’n roeping om te leef
’n Lewe wat aan ander
Om my heen sou gee
’n Diamant van hoop,
’n Verlange na God,
Die waarheid van verlossing
Deur Jesus se vergotte bloed.
’n Roeping om godvrugtig te leef
In Jesus Christus,
Versier met sy sagmoedigheid
En beklee met sy lig.
